Thursday 19 January 2012

DON'T PANIC ...but if you do, keep running (Afrikaanse weergawe)

“No brain, no pain”. Dis wat iemand een maal vir my gesê het. As dit waar is, beteken dit seker ek het baie verstand want glo my, daar was ‘n tyd nie so lank terug nie wat ek pyn deeglik en totaal ervaar het. My gereelde lesers (daar is van julle wat gereeld kom lees, né?) sal onthou hoe ek die fisiese en psigiese marteling beskryf het wat ek onlangs moes deurmaak. Daardie ellende en gekners van tande, die uitputtende uitdaging en toets van stamina en uithouvermoë, wat oor die algemeen bekend staan as die Australian Corporate Games 2011. Dit was erg, maar ek glo dit het ‘n beter mens van my gemaak. Nee, regtig, ek go dit het. So sit ek die ander dag en dink weer terug aan daardie skouspel toe ek skielik tot die realiteit terugkeer na ‘n e-possie met die opskrif “Tough Mudder Australia” op my skerm opduik. Daardie opskriffie trek toe my aandag en ek moes natuurlik ondersoek instel. 




Die e-possie was aan my gestuur deur ‘n kollega wat gedink het dit sou ‘n knap idee wees as ons daaraan sou deelneem, met ‘n link na ‘n video clip wat meer vir my sou vertel (die video is hieronder aangeheg vir diegene wat nadere ondersoek wil instel). Ek maak toe die link oop en beloer die spulletjie. As ek gedink het die Corporate Games was erg, was ek in vir ‘n verassing. Die algemene idee van hierdie “wedloop” (of so lyk dit ten minste vir my) is dat jy jouself druk om so naby aan die dood te kom as wat jy kan, sonder om werklik die emmer te skop. Waar Corporate Games 5km was, is hierdie een 20. Die Corporate Games wedloop het bestaan uit ‘n skoon en gelyke paadjie om ‘n prentjiemooi dam met oulike eendjies en swane, hierdie roete lei jou deur modderpoele, moet jy by yskoue water induik, oor hindernisse kom, deur tonnels in die modder kruip, by toue opklim en by stellasies af spring val, deur elektriese drade hardloop, oor buitebande spring, deur riviere swem en tussen vure en oor warm kole hardloop. Nice...


Hoekom, vra ek jou, sou ‘n gesonde mens wat by sy volle bewussyn is, so iets wou doen? Blykbaar net om bloot te kan sê, “Ek het dit GEDOEN!”. Ek bekyk die spulletjie so en vra myself, “Was dit ‘n slegte idee? Definitief! Sou ek dit oorleef?  Definitief nie! Sal ek mal wees om dit aan te durf? Absoluut! Sal enige persoon, met ‘n halwe verstand so iets aanpak? Sekerlik nie! Gaan ek dit doen? Verseker!” Hoekom? Ek weet nie, ek moet dit net doen. Nou ek weet ek's nie juis ‘n prentjie van fiksheid nie so dit sal, om die minste te sê, ‘n groot uitdaging wees, maar een wat ek met alle ywer gaan aanpak. 


So waaroor gaan hierdie “Tough Mudder” nou eintlik? Hoekom is daar mense, wat klaarblyklik nie totaal en al van hulle sinne beroof is nie, wat dit doen? In kort, dit is ‘n fondsinsamelings inisiatief tot voordeel van Legacy, ‘n organisasie wat hulp verleen aan oorlogsveterane en hulle families, vandaar die tema van die wedloop. Ek het so bietjie by die Tough Mudder webwerf af gaan leen, hulle som dit mooi op: 

“Tough Mudder events are hardcore 20 km-long obstacle courses designed by British Special Forces to test your all around strength, stamina, mental grit, and camaraderie. With the most innovative courses and half a million inspiring participants, Tough Mudder is the premier adventure challenge series in the world”. 

Klink dit nou nie vir jou na ‘n lekker uitdaging nie? 

Anders as ander wedlope word daar nie ‘n groot fokus geplaas op wie wen nie en word daar nie plekke toegeken nie. Nee, hierdie wedloop is teen jouself, om jou eie deursettingsvermoë te toets. Hier is ‘n paar Q&A vragies wat op hulle webwerf verskyn: 

Will Tough Mudder be cancelled if there is bad weather? 
Tough Mudder events will happen regardless of the weather conditions. (die manne en anties in hulle help-my-sterk-lyk hempies is mos nie bang vir bietjie hael of sneeu nie?) 

What is the average finishing time? 
The average Tough Mudder will complete the course in around three hours. (ek vermoed dat daardie gemiddelde tyd 'n bietjie aangepas sal word na ek die wedloop voltooi het, seker na so 4 of 5 ure - dis nou as ek nie vroeër dood neerslaan nie) 

Can I skip an obstacle? 
Tough Mudder is not supposed to be about getting a faster time than your mate, so it’s fine by us if you want to skip an obstacle. The way we see it, you are there to have fun (uhm... fun??) and get a real sense of achievement at the end. If you think a particular obstacle isn’t going to do this for you, just go round it – no shame there (dankie tog!). The marshalls that you will see at each obstacle are there for safety reasons, not to make you do something you don’t want to do. However, if you are skipping an obstacle just to improve your time, then we think you are only cheating yourself. You paid to do the course – why not actually do it? Obviously, though, for some who participate there is a real element of competition involved in the event, so we do say that to qualify for a winners’s prize or for the World’s Toughest Mudder competition you must have completed all the obstacles. 

How does Tough Mudder punish cheaters? 
Tough Mudders do not cheat. (dis goed julle sê my, so dan werk ek maar op plan B...) 

Do I really get one beer? 
Yes. The registration fee includes one beer for participants, which can be collected after the conclusion of the event. (Net een?? Ek het gehoop vir ten minste twee, maar een sal seker die ding moet doen. Sonder die biertjie sou ek dalk twee maal gedink het voor ek hiervoor ingestem het!) 

What is the Tough Mullet and Mohawk Competition? 
We recognize that the toughest people aren’t always the fastest or most athletic (ek dink hulle mag dalk hier na my verwys). One way of celebrating this is the Tough Mullet and Mohawk Competition. Participants can either arrive with a mullet (ek bly nou wel in Queensland, maar nee, beslis nie!), Mohawk (moontlik...), or take advantage of the free head shave. Those with the best mullets and mohawks will be invited to take to the stage, and prizes will be awarded to the top five mullets or mohawks. (ek is seker die Minister van Finansies en Huishoudelike Sake sal my ondersteun hierin…jy sal liefie, né?...Sal jy? ...Liefie?) 

Enige atleet wat sy sout werd is, so verstaan ek, het ‘n eed. So ook die sogenaamde Tough Mudders. Hulle eed is as volg: 
I understand that Tough Mudder is not a race but a challenge (pas my goed want ek het nog nooit in enige wedloop onder die eerste tien geëindig nie)
I put teamwork and camaraderie before my course time (Geen probleem, sien punt 1) 
I do not whine – kids whine (o nee, julle verstaan nie - nie in my huis nie! Maar ek kry die idee.) 
I help my fellow Mudders complete the course (ek sal maar net te bly wees as hulle my sal help!) 
I overcome all fears. (Versigtig? dalk... Stadig? beslis! Maar bang? NOOIT!!) 

Touch Mudder vind hierdie jaar Maartmaand in Melbourne plaas, en Septembermaand in Sydney. Ongelukkig is die eerste Brisbane Mudder eers in 2013. Dis dalk goed so, gee my kans om van die oortollige vetjies ontslae te raak en ‘n mate van fiksheid te probeer behaal. Ek sal dus die dik lyf aan die oefen moet begin kry, iets wat dalk ‘n groter uitdaging sal wees as die wedloop self! Of hoe sê hulle ook? “No pain, no gain!”


So, wie kom saam met my??




Hier is 'n paar kiekies wat ek by die Tough Mudder webwerfie (toughmudder.com.au) gaan leen het, net vir bietjie meer inspirasie:















2 comments:

  1. O my bliksem, ek is dood voordat ek daardie water tref, maar hierdie lyk na iets wat enige ou moet probeer eenkeer in sy lewe. Dalk moet ek my gesin oortuig dat ons dit gaan doen, om t wys SAFFAS kan as hulle wil.
    Thanks vir die info.

    ReplyDelete
  2. Kyk, ek dink nie ek weet self nog mooi waarvoor ek myself inlaat nie, maar soos jy sê dis iets wat mens net MOET doen. Ek sien uit om te hoor hoe julle dit ervaar het! :)

    ReplyDelete